Interessante gebeure wat onlangs in Suid-Afrika afgespeel het oor die feit dat iemand iets oor Satanisme gese het in een van die kakste koerante ooit, die Rapport. Die van julle wat nie die storie gevolg het nie, daar was ‘n massa-opsweep deur die verkrampste donker gate van histeriese Afrikaner konserwatiewe onnoselheid waar byna al die koerant se ongeveer 666 lesers hulle stemme, wat eerder stilgemaak moet word, dik gemaak en beloof om die koerant te boikot. Maar hierdie verskynsel is niks nuuts nie, want dié tipe gedrag kom gereeld voor in ‘n mede inboorling van ons wonderlike planeet: die getroue skaap. Wanneer hierdie “trop” sekere buzz-words of simbole teë-kom dan flits daar net ligte en basuin alarms in hulle koppe dat alle rasionele denke vinniger by die ruit uit donder as wat mens kan sê “welkom in die nuwe donker eeue”. Aangesien die gesamentlike IK van ‘n trop skape ook minder is as dié van ‘n AWB-lid is daar net een manier waarmee met hierdie tipe mens gekommunikeer kan word: “mê-mê-mê!”. Sies man, dis julle wat Afrikaanse mense ‘n slegte naam gee!
Olie is dikker as bloed
…en daar was lig. Die mens het geleer oor sy omgewing en die diere en plante wat saam met hom in die lukrake katarsis van tyd en ruimte gegooi is. Soos ‘n tonteldoos sonder ‘n kers, soos ‘n rewolwer sonder ‘n sneller, het die mens probeer sin maak van alles. Natuurlik was die maklikste manier om die mees kleurrykste stories en fabels uit te dink. “Daar moet ‘n rede wees omdat ek hier is”, het die mens ewe egosentries en narsissisties gepeins. “Daar moet iets groter wees as dit wat ons kan sien” het die mens filosofeer in sy primitiewe brein, al te gretig om ontslae te raak van verantwoordelikheid vir sy aksies en ‘n verklaring vir sy bleek lewensuitsig te ontgin sodat vals hoop kan wortel vat. Die mens se kultuur en tegnologie het eksponensieël vermenigvuldig, maar daar was verskeie groepe mense, en almal het teen hulle eie tempos ontwikkel. Sommige groepe het begin dink hulle is beter as ander en ‘n self-vernietigende trots het ontstaan. Die leiers van hierdie groepe het besef hulle dae is getel, en het gebruik gemaak van terreur om hulle bevolkings onderdanig en getrou te hou wyl die leiers se ongeoorloofde militêre inkursies al wyer en wyer gestrek het, tot hulle uiteindelik hul eie menslike en natuurlike hulpbronne begin uitput het. En dit was donker.
Bogenoemde het verskyn in die Januarie 2008 uitgawe van Die Stem, ‘n maandelikse koerant wat gratis versprei word in London.
1 Kommentaar
13 April 2008 at 7:59 nm
Satanisme…is net hier waar die mense nog bang is daaroor. dis so 80’s.