Papawers

Hoe lus kry ek nie nou vir ‘n stukkie oerang-oetang marmelade op roggebrood met oorryp piesangs nie. My aarde ek het dit skoon jarre laas geëet.

Lewer Kommentaar

Filed under Uncategorized

Rum Pokkel Poker

Ek is weer terug na ‘n skrywersblok verlof wat die beste deel van drie maande geduur het. Of die blok voortgebring is deur my skielike verbetering met poker wat ‘n heel nuwe dimensie aan die spel gegee het en as ‘n gevolg al my vrye tyd opgeneem het, en of dit maar net ‘n gunstige toeval was wat my wonderlik besig gehou het tot die blok soos mis voor die kruier nie verdwyn het nie. Want hierdie blok is nog nie weg nie. Dit is eintlik nog erger as wat dit voorheen was. Miskien bereik mens ‘n punt in strategiese poker denkswyse wat jou taalkundige vermoëns op die agterste sitplek plaas terwyl jou primêre fokus bestaan uit straights, flushes, bluffs en diesmeer. So tot die gode my weer seën met my literêre genie gaan ek my aandag maar spits op ‘n tipe van resensie/wat-sê-die-koerante/blah-blah kolom.

Hou jy van jou swaar musiek met ‘n intelligente skop vol jazz, progressive rock, acoustic guitar en Skandinawiese volksmusiek? Dan sê Klitsgras Jannie vir jou: Luister na die epiese Sweedse groep Opeth se nuwe album Watershed. Hierdie is nie ligte agtergrond of partytjie musiek nie. Hierdie is intense sielsvervullende, tydlose passie en oneindige emosie wat wissel van poëtiese prag tot puisgevoosde plofkatarsis. Dit is alleen-luister musiek wat elke oomblik van jou aandag verg, en met nommers wat gemiddeld 10 minute klok is dit ook geen kwiek-fieks nie. Progressive Death Metal is die naam van die genre, maar om vir Opeth in ‘n genre te probeer plaas is moeliker as om Zet in ‘n oond te probeer kry. Luister dit een keer, twee keer en nog ‘n keer. As dit nie die fondamente van jou lewe in 2008 skud nie dan is jy (a) in ‘n gevorderde stadium van rigor mortis; (b) nogsteeds vasgehak aan Sersant Sakkie se Sokjol Treffers 12; of (c) ‘n oerpampoen mampoerman. Hierdie album kry ‘n definitiewe 10/10 en ek sal my beste das stukkend knip en opvreet as daar ‘n beter poging hierdie jaar verskyn.

Lewer Kommentaar

Filed under Die Stem

WWag dat die l..gte aan>gaan…

Ongelooflike gebeure in die nuus die hele wêreld oor die afgelop ruk. 2008 beloof om een van die gebeurvolstes nog te wees. Eerstens gaan die dollar drolle kak – Amerika is al so fokkin diep in ‘n resessie in ek kan nie glo die Fed en die Wit Muis Huis ontken dit nie! die credit crunch gan die publiek verminder tot ‘n spul primitiewes wie se grootste tydverdryf gaan wees om rond te skarrel en hulle kosvoorraad te probeer verseker en hulle wonings veilig hou teen ander wat weer hulle kosvoorraad probeer verseker. Niemand gaan meer werk toe nie want daar gan nie meer werk wees nie, nie minstens omdat olie finaaal uitgeput sal wees as gevolg van die hordes dirty bombs wat op die planeet se laaste oliebronne laat val is nie (wie sou nou kon dink dat die terroriste organisasie daaragter die Oos-Transvaalse Skyfskiet en Jukskei Klub was). Papiergeld is waardeloos, industriële produksie het heeltemal gestaak, Jurie Els begin ‘n kinderkerk cult in die Magaliesberge, arm mense word gebruik om biltong mee te maak, die Universiteit van Stellenbosch word ‘n polisie kollege – anargie is aan die norm van die dag. Dit. Gaan. Rock! Continue reading

3 Kommentaar

Filed under Die Stem

Torings van klei

Warboel die Teefeetjie
Die tafel is gedek.
Reghoek.
Een by elke kant.
Vetkoek.
Vier pare oë rek.
Prenteboek.
Geweer in die bek… Continue reading

Lewer Kommentaar

Filed under Die Stem

Net skape het ‘n skaapwagter nodig

Interessante gebeure wat onlangs in Suid-Afrika afgespeel het oor die feit dat iemand iets oor Satanisme gese het in een van die kakste koerante ooit, die Rapport. Die van julle wat nie die storie gevolg het nie, daar was ‘n massa-opsweep deur die verkrampste donker gate van histeriese Afrikaner konserwatiewe onnoselheid waar byna al die koerant se ongeveer 666 lesers hulle stemme, wat eerder stilgemaak moet word, dik gemaak en beloof om die koerant te boikot. Maar hierdie verskynsel is niks nuuts nie, want dié tipe gedrag kom gereeld voor in ‘n mede inboorling van ons wonderlike planeet: die getroue skaap. Wanneer hierdie “trop” sekere buzz-words of simbole teë-kom dan flits daar net ligte en basuin alarms in hulle koppe dat alle rasionele denke vinniger by die ruit uit donder as wat mens kan sê “welkom in die nuwe donker eeue”. Aangesien die gesamentlike IK van ‘n trop skape ook minder is as dié van ‘n AWB-lid is daar net een manier waarmee met hierdie tipe mens gekommunikeer kan word: “mê-mê-mê!”. Sies man, dis julle wat Afrikaanse mense ‘n slegte naam gee! Continue reading

1 Kommentaar

Filed under Die Stem

‘n Knippie sout gaan ‘n lang pad

‘n Nokturne ope-lug projeksie van Sewende Laan se Kersfees bonanza het spektakulêr misluk nadat organiseerders per abuis ‘n dokumentêr oor die ontstaan van die heelal in plaas daarvan vertoon het. Dit het gelei tot 28 lewens wat verloor is, en hordes meer ernstig beseer. “Ek dog dis tyd vir die Here om te kom en almal in zombies te verander” is wat deur een van die gelukkiges wat die bloedbad vrygespring het se gedagtes gegaan het. En dit was als te danke aan haar impulsiewe soet-tand. “Ek was so lus vir ‘n stukkie melktert, toe mik ek my loopraam in Tant Tossie se tert winkel se rigting. Ek was daar in en uit vinniger as wat jy kan sê “kattebak”, en het net by die winkel uitgestap toe hoor ek ‘n gekners van tande in die rigting van die vertoning.” Continue reading

Lewer Kommentaar

Filed under Die Stem

Die somer wat nooit was nie

‘n Paar dae terug het ‘n aangenaam-besope boemelaar, terwyl hy besig was om katjiebotter met sy hande uit die vles te eet en sy vingers af te lek asof dit ‘n resies was, my dringend in die oë gekyk en helder soos dag in ‘n hoogs-opgevoede stem gesê: “mmmfllrrrr bllrrf pfrrtlr nrrrt!!” Op daai oomblik het ek gedink hy praat absolute kak, maar hoe meer ek daaroor gepeins het in die dae na dit, hoe meer het ek besef hy het iets beet. Iets verskriklik groot. ‘n Openbaring van magtige proporsies, wat heel moontlik die fondamente van ons kontemporêre samelewing en ons begrip van ons spesie en alles om ons – die wêreld, die heelal – tot in sy mees gevestigde waarhede kan skud, ruk en donder dat al wat aan die ander kant sal oorbly ‘n pap lel van realitiet in ‘n leë dop van rasionaliteit is. Ek skrik toe my malle moer af en sit maar die aaptwakkie vir eers neer. Continue reading

2 Kommentaar

Filed under Die Stem